Wat
is Chroniese Moegheid Sindroom?
Chroniese
Moegheid Sindroom (CMS) is ’n aftakelende siekte wat
onverklaarbare
moegheid en ’n tekort aan energie, wat nie toegeskryf kan
word aan bekende geneeskundige toestande nie, oor ’n tydperk
langer as ses maande veroorsaak. Miljoene mense wêreldwyd
veral tussen die ouderdomme 20 en 40 ly daaraan en dit kom in twee keer
soveel vrouens as mans voor. Lewensgebeurtenisse soos swangerskap en
die menopouse, asook sosiaal voorgeskrewe rolle, besorg vroue dalk
’n unieke vatbaarheid. Die
primêre tekens en simptome van chroniese moegheid sindroom:
Bo en
behalwe chroniese moegheid, wat nie deur bekende geneeskundige
toestande veroorsaak word nie, is daar agt moontlike primêre
tekens en simptome van CMS, Dit sluit in:
- Geheueverlies
en/of swak konsentrasie
- Chroniese
seer keel
- Pynlike
en effens vergrote limfkliere in die nek en/of armholtes
- Spiere
wat onverklaarbaar pyn
- Pyn wat
van die een gewrig na die ander wissel, sonder swelsel of rooiheid
- Kopsere
van ’n nuwe aard, patroon en ergheid
- Versteurde
slaap
- Oordrewe
uitputting na gewone oefening en inspanning
Mense
wat aan chroniese moegheid sindroom ly, meld ook verskeie ander tekens en simptome wat nie deel
uitmaak van die amptelike definisie van die toestand, soos bepaal deur
die Internasionale Studiegroep vir Chroniese Moegheidsindroom nie.
Dit
sluit in: - Buikpyn
- Oordrewe
vatbaarheid vir alkohol
- Winderigheid
- Borspyn
- Chroniese
hoes
- Diarree
- Lighoofdigheid
- Droogheid
van die mond en oë
- Oorpyn
- Onreëlmatige
hartklop
- Pyn in
die kakebeen
- Spierstyfheid
in die oggende
- Naarheid
- Nagsweet
- Psigologiese
probleme, soos depressie, prikkelbaarheid, angstigheid en angsaanvalle
- Kortasemheid
- Prikkelrigge
sensasies
- Gewigsverlies
Faktore
wat tot chroniese moegheid sindroom bydrae:
- Metaboliese
energie tekort of NAD energie tekort (NET).
- Omgewingsstressors,
chemiese en elektromagnetiese besoedeling van die atmosfeer en
radioaktiewe bestraling
- Langdurige
psigologiese en emosionele stres
- Chroniese
septiese foci, soos ’n subkliniese tandheelkundige patologie
Behandeling
van chroniese moegheid sindroom: Baie
jare se ondervinding het bewys dat ’n langdurige
multi-dissiplinêre benadering die suksesvolste bahandeling
is. Die behandeling fokus derhalwe op:
- Lewenstyl
- Fisieke
terapie
- Dieet en
voeding
- Homeopatie
- Homotoksikologie
- Plantaardige
geneesmiddels (Fitoterapie)
’n
Gesonde en goed gebalanseerde lewenstyl is van die uiterste belang en
moet bereik en gehandhaaf word.
Dit behels:
- Genoegsame
slaap en rus
- Ontspanningsaktiwiteite
en ligte oefening is van soos joga, Pilates, ’n daaglikse
stapprogram, water-aerobiese oefening, ens. is baie heilsaam
- Die
lees van positiewe en lewensverrykende werke
- Versorging
van ’n troeteldier
- Gereëlde
godsdientsige aktiwiteit
CMS-lyers
kan grootliks baat vind by fisieke terapie. In ons praktyk gebruik ons:
- Gereelde
osteopatiese behandelings
- Gereelde
massering van die hele liggaam met aromatiese olies, bepaal na gelang
van die individuele geval
- Magnetiese
veld terapie kan tot groot waarde wees en daaglikse behandeling word
aanbeveel tot die simptome verbeter, gevolg deur
instandhoudingsbehandeling.
Dieet en
voeding ’n
Gesonde dieet is noodsaaklik om die immuunstelsel op te bou om CMS die
hoof te bied. Vermy alle kitskosse, wat min voedingstowwe en baie
suiker en vet bevat. Verkies eerder gesonde, voedsame kos wat baie
proteïne en komplekse koolhidrate bevat, soos groentes, graan,
peulplante, vis en pluimvee. (Vermy pluimvee wat met antibiotika
behandel is en met hormoon gestimuleer is). Agt tot
tien glase suiwer, natuurlike water moet daagliks ingeneem word.
(Indien die water deur omgekeerde osmose gefiltreer is, verryk dit deur
vars vrugte- of groentesappe of kruietee by te voeg.)
Indien u
aan kandida ly, word die 4-fasedieet aanbeveel. Hierdie dieet sluit
alle suiker, alkohol, verfynde koolhidrate, melkprodukte (laktose),
heuning, droë sowel as sekere vars vrugte uit. Geen produk wat
kafiëne bevat mag ingeneem word nie. Die vierde fase van die
4-Fase-dieet vir kandidalyers het geblyk om voordelig te wees vir
CMS-lyers. Indien u
allergies is of sensitief is vir bepaalde voedselsoorte, moet die
allergene vermy word. ’n Noukeurige bepaling van enige tekort
aan mikronutriënte is nodig, verkieslik deur elektrodermale
sifting en relevante bloedtoetse. Tekorte moet deur aanvullings van
goeie gehalte vergoed word. Dit is noodsaaklik om CMS-lyers se NAD- en
NADH vlakke deur toepaslike bloedtoetse te bepaal en die toepaslike
NAD-aanvullings voor te skryf. Toetsing
vir allergiese toestande deur elektro-dermale sifting en/of relevante
bloedtoetse, IGE, Rast- en phadiotop-toetse is van onskatbare waarde om
allergene uit u dieet en omgewing te verwyder en die doeltreffendheid
van die terapie sodoende te verbeter. Homeopatiese
behandeling: Ons
onderneem om die homeopatiese middel te vind wat die oorkoepelende
simptoombeeld pas. Homotoksikologie:
Die
homotoksikologiese protokols vir CMS is deeglik bekend en is as uiters
heilsaam bewys. Weer eens is dit die individuele simptoombeeld wat die
behandeling bepaal. Behandeling
deur Plantaardige Middels (Fitoterapie): Ons
beplan ’n behandelingsprotokol gegrond op die
pasiënt se simptoombeeld en toestand en reik ’n
toepaslike voorskrif uit. Verskeie plantaardige middels word vir die
behandeling van chroniese moegheid sindroom aangedui. |