Toestande
wat by homeopatie kan baat:
Homeopatie
is ’n volledige sisteem van natuurlike genesing wat
’n terapeutiese effek het op feitlik enige siekte of
gesondheidstoestand. Wie
kan baat by homeopatiese behandeling?
Mense
van alle ouderdomsgroepe kan baat by homeopatiese behandeling.
Homeopatiese middels het geen newe-effekte nie en kan veilig saam met
ander mediese behandeling gebruik word. Die langtermynvoordeel van
homeopatie is dat dit nie net die simptome verlig nie, maar die interne
orde ook tot op die diepste vlak herstel. Wat
om tydens ’n homeopatiese konsultasie te verwag:
’n
Homeopatiese konsultasie is ’n unieke ervaring vir
iemand wat gewoond is aan konvensionele geneeskunde. U ly byvoorbeeld
aan chroniese hoofpyn of migraine. Terwyl die konvensionele behandeling
hiervoor feitlik dieselfde is vir almal is (’n pynstiller
en/of ’n anti-inflamatoriese middel), beskik homeopatie oor
meer as twee honderd simptoompatrone vir hoofpyn, met toepaslike
middels vir elkeen. U
hoofpyn setel dalk in die voorkop. Dit word dalk erger wanneer dit koud
is, terwyl hitte dit verlig. Dis dalk minder pynlik wanneer u
lê, of anders wanneer u regop sit. U is as persoon dalk maer
en senuagtig, of u is ’n rustige, sedentêre tipe
mens. Die homeopatiese praktisyn sal dus eers ’n noukeurige
“profiel” van al die eienskappe –
liggaamlik, geestelik en emosioneel – opstel voor hy op die
geneesmiddel of samestelling van geneesmiddels vir u besluit.
Praktisyns
wat klassieke homeopatie beoefen, raadpleeg lywige kompendiums, die
sogenaamde repertoriums, of die materia medica om te bepaal welke
middel naaste verwant is aan die pasiënt se simptoombeeld.
Hierdie kompendiums is versamelings van derduisende toetsbevindings wat
oor die afgelope tweehonderd jaar in detail geboekstaaf is en toon hoe
gesonde individue op sekere stowwe reageer. Die hoogs gedetailleerde
reaksies van die individue word versamel in hierdie kompendiums en die
homeopatiese praktisyn se taak is om die reaksie wat presies ooreenstem
met die pasiënt se simptoomprofiel te bepaal.
Homeopatie
wêreldwyd:
Homeopatie
het in Europa ontstaan. Daar is ongeveer ses duisend praktisyns in
Duitsland en vyf duisend in Frankryk. In
Brittanje vorm homeopatiese hospitale en klinieke deel van die
nasionale gesondheidsorgtelsel. Homeopatie word wettig erken as
’n nagraadse mediese spesialiteit. Homeopatie geniet vir vier
geslagte lank al die ondersteuning van die Britse koningshuis.
In
Suid-Afrika beheer die Departement van Gesondheid en die Raad op
Verwante Gesondheidsberoepe homeopatiese dokters en homeopatiese
medikasie. Die opleiding van homeopatiese dokters geskied deur die
Universiteit van Johannesburg en die Durbanse Universiteit vir
Tegnologie. Suid Afrika beskik oor meer a 700 Geregistreerde
homeopatiese praktisyns. In die
VSA praktiseer nagenoeg drie duisend mediese dokters en gelisensieerde
gesondheidsorgverskaffers as homeopate, ’n syfer wat jaarliks
toeneem. Die FDA (Food and Drug Administration) erken homeopatiese
middels as amptelike geneesmiddels en reguleer die vervaardiging,
etikettering en lewering daarvan. Homeopatie
word ook algemeen bedryf in Indië, met meer as vyf en twintig
duisend homeopatiese praktisyns. |