Wat
is homotoksikologie?
Homotoksikologie
is die nuutste ontwikkeling op die gebied van homeopatiese geneeskunde
en is gegrond op die integrasie van basiese geneeskundige wetenskap en
homeopatiese beginsels. Dit verteenwoordig ’n unieke sintese
van die molekulêre biologie, biochemie, toksikologie en
fisiologiese patologie, waaruit nie-toksiese biologiese terapie
ontstaan het. Homotoksikologie
verteenwoordig ’n besondere vooruitgang op die gebied van
biologiese geneeskunde. Elke
lewende organisme word beskou as ’n dinamiese vloeisisteem
wat voortdurend by sy onmiddellike omgewing aanpas. Enige skadelike
invloed wat hierdie fyn dinamiese vloei versteur, word gedefinieer as
’n “homotoksien”, wat beteken dat dit
toksies is vir die mens. Homotoksiene kan inwendig (metaboliese stowwe
wat nie afgebreek en/of uitgeskei word nie) of uitwendig (gifstowwe uit
die omgewing, besmetlike stowwe, ens.) ontstaan. Wanneer die organisme
’n homotoksien teëkom, probeer hy om dit indien
moontlik uit te skei; so nie pas hy hom by die gifstof aan.
Kragtens
die homotoksikologie maak alle lewensprosesse staat op chemies
geïdentifiseerde stowwe wat in bruikbare energie omskep word.
Siekte is wanneer die chemiese stof verander in ’n toksiese
patogeen. Hierdie homotoksien is verantwoordelik vir die proses wat ons
“siekte” noem. Baie simptome van siektetoestande is
eintlik ’n teken dat die liggaam homself probeer
“ontgiftig” (genees) van homotoksiene.
Anti-homotoksiene, pro-biologiese terapie versterk die immuunstelsel se
poging om van die homotoksiene wat siektes veroorsaak, ontslae te raak.
Toestande
wat kan baat vind by homotoksikologie:
Die
meeste siekte toestande kan baat by die gebruik van homotoksikologiese
behandeling, van kindersiektes tot selfs die mees gevorderde
degeneratiewe toestande. Akute
toestande, veral kindersiektes, kan doeltreffend behandel en bestuur
word volgens die beginsels van natuurlike biologiese geneeskunde.
Alle
beserings - veral sport beserings – kan so behandel word. Die
hersteltydperk is gewoonlik ook korter. Die komitee vir geneeskundige
sportspesialiste by die Olimpiese spele beveel hoofsaaklik
homotoksikologiese behandeling aan vir sportbeserings.
Chroniese
toestande in alle fases kan suksesvol behandel word deur
homotoksikologiese metodes. Indien die toestand te ver gevorder het,
mag genesing onmoontlik wees; nogtans kan die pasiënt se
lewnsgehalte dikwels verbeter word. In baie van hierdie gevalle kan
homotoksikologiese behandeling met chirurgie, chemo-terapie,
bestralingsterapie, antibiotiese middels en ander behandeling gepaard
gaan. |