Wat
is NAD? NAD
(nikotinamied adenien denikleotied) is ’n metaboliese
ko-ensiem wat voortdurend wissel tussen die NAD- en NADH-verbindings in
die liggaam. Ensieme onderhou alle lewensfunksies. Daar is twee basiese
ensiemklasse: verteringsensieme en metaboliese ensieme.
Metaboliese
ensieme is verantwoordelik vir die bou, herstel en herbou van elke sel,
en die liggaam is daagliks onder groot druk om genoegsame ensieme te
voorsien om optimale gesondheid te handhaaf. Metaboliese ensieme werk
in elke sel, elke orgaan en elke weefsel, en vereis konstante
aanvulling. NAD speel ’n wesentlike rol in die produksie van
ATP (adenosien trifosfaat), die liggaam se basiese energiemolekule, en
het meer as 100 metaboliese funksies in die menslike biochemie.
Wat
is ’n NAD Energie Tekort?
Alle
menslike aktiwiteit verg energie. Navorsing dui aan dat 90% van ons
fisieke energie deur die biochemiese prosesse in ons selle beskikbaar
gestel word. Elke sel in die liggaam het ’n spesifieke
funksie wat energie benodig om sy werk te doen. Hierdie energie word
verwek deur verskeie chemiese prosesse in die selle, in klein
“krag opwekkers”. Hierdie kragopwekkertjies word
die mitochondria genoem. Hulle gebruik glukose as brandstof, wat bekom
word uit die voedsel wat ons deur die spysverteringsproses inneem. Die
meeste van die prosesse waarmee die kragopwekkertjies energie verwerk,
kort egter ’n spesifieke ko-ensiem. Sonder hierdie ko-ensiem
funksioneer die kragopwekkertjie eenvoudig nie. NAD is
een van dié ko-ensieme en dit onderhou die prosesse in alle
kragopwekkers. As daar ’n tekort is aan NAD, of ’n
tekort aan kragopwekkers in die selle, sal daar ’n tekort aan
metaboliese energie wees. Hierdie metaboliese energie tekort heet
’n NAD Energie Tekort (NET) en beteken daar is onvoldoende
chemiese energie vir die lewensfunksies. NET kan gedefinieer word as
die fisieke toestand wat ontstaan wanneer die liggaam op ’n
sellulêre te min NAD-molekules en bykomende metaboliese
energieko-faktore het om die liggaam gesond te hou. So ’n NET
kan lei tot ’n breë spektrum van NET verwante
siektes. ’n NET manifesteer meestal as chroniese moegheid,
chroniese moegheidsindroom, dwelmmisbruik, depressie, stres,
angstigheid en verskeie ander chroniese siektes.
Genetiese
NET (Onomkeerbaar en Chronies)
Na
raming ly 10% van mense ly aan ’n onomkeerbare, chroniese
NET. Genetiese en chroniese NET word van moeder na kind oorgedra en is
reeds teenwoordig tydens geboorte. Die ma
se eiersel begin met ’n tekort aan krag opwekkers. Haar
kinders sal geen kragopwekkers erf by hul vader nie, omdat al sy
kragsentrales in die spermsel se stert sit, wat tydens die bevrugtiging
van die eiersel afgewerp word. Hulle dogter en seun sal sodoende die
energie tekort erf, maar die seun kan trou met ’n vrou wat
genoegsame kragsentrales het. Daar eindig die probleem dan. Die dogter
sal die probleem egter versprei. Negentig persent van mense kry
genoegsame NAD uit kos en is in staat om dit ten volle te benut, omdat
hulle selle oor genoeg energieopwekkers beskik. Die 10% wat aan NET ly,
sal egter NAD-aanvullings moet gebruik om hulle liggaam stabiel te laat
funksioneer met voldoende fisieke energie om ’n goeie
lewenskwaliteit te kan geniet. Hoewel miljoene studente en kinders
biologie leer, dink die meeste mense aan energie as iets mistieks en
buite die bereik van gewone mense. Hulle beskou die herstel van
energievlakke deur toepaslike NAD-aanvullings as ondenkbaar en te
eenvoudig om ’n langdurige en aftakelende probleem
– wat hul ganse menswees beïnvloed – te
genees. NAD-Terapie
is ’n veilge, natuurlike energie aanvulling en opwekker van
sellulêre energie en mag ook:
- Dien as
’n kragtige anti-oksidant en reiniger van vrye radikale:
Fagosiete
gebruik NADPH as ’n bron van energie om patogene te
vernietig. Die NAD(P)H, wat beskikbaar is, word ook gebruik om die
liggaam te beskerm teen vrye radikale, om op hierdie manier skade en
siekte te voorkom. NAD en niasien (’n voorloper van NAD),
speel ’n belangrike rol in die verdediging van selle teen DNA
skade deur genotoksiese partikels. - Verstandhelderheid
verhoog:
Die
brein gebruik tien keer meer NAD energie as enige ander orgaan.
- Emosionele
balans en gemoed bevorder:
Derivate
van niasien, hoofsaaklik in die vorm van NAD en NADP ko-ensieme, kom
ryklik in brein weefsel voor. NADH speel ’n rol in die
sintese van die neurosenders, soos noradrenalien en dopamien, wat
’n belangrike rol speel in die handhawing van ’n
positiewe emosionele gesteldheid. Wie
kan baat by NAD Terapie?
Alhoewel
NAD terapie tot voordeel van alle mense kan wees, is die langdurige
gebruik daarvan vir net 10% van alle mense noodsaaklik, ten einde hulle
lewensgehalte te handhaaf. |