Naturopatie
spits hom op twee gebiede toe: - Bevordering
van die liggaam se selfgenesingsvermoë; en
- Bekragtiging
van individue om hulle in staat te stel om noodsaaklike veranderings
aan hulle lewenstyl aan te bring ten einde die bes moontlike gesondheid
te handhaaf.
Hoewel
naturopatiese dokters sowel akute as chroniese siektes behandel,
beklemtoon hulle die voorkoming van siektes en die opvoeding van die
pasiënt. Toestande
wat by Naturopatie kan baat:
Naturopatie
is van toepassing op elke gesondheidstoestand, maar sy grootste krag is
die behandeling van chroniese en degeneratiewe siektes.
Wat
om van u naturopatiese praktisyn te verwag:
’n
Besoek aan ’n naturopaat is soortgelyk aan ’n
besoek aan u huisarts. U eerste besoek kan langer as ’n uur
duur. Gedurende die konsultasie sal u geskiedenis deeglik nagegaan
word, met vrae oor u dieet, lewenstyl, stres en omgewing. Daarna sal
die naturopaat ’n toepaslike fisieke ondersoek doen, wat
laboratorium toeste kan insluit. ’n Naturopatiese praktisyn
beskou sy pasiënte as vennote in hul gesondheidssorg, sodat hy
u mag versoek om u lewenstyl aan te pas (soos om u slaap-, eet- en
oefeningsgewoontes te wysig). Daar is
95 geregistreerde naturopatiese dokters is Suid Afrika. Opleiding vind
plaas aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Die beroep word deur die
Departement van Gesondheid en die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe
van Suid-Afrika beheer. |