Dr.
Oberholzer het die Universiteit van Pretoria se kursus in die
Reseptering en Bereiding van Homeopatiese Medisyne voltooi en die
Departement van Gesondheid as ’n resepteringspraktisyn
geregistreer. Sy registrasie nommer met die departement is NW00543D.
Sy
spreekkamers is die afgelope sewe jaar geleë te Dr. Yusuf
Dadoolaan 30, Wilkoppies, Klerksdorp in die Noordwes-Provinsie.
Voorheen het hy vir 27 jaar in Vryburg, ook in die Noordwes-Provinsie,
gepraktiseer. Hy
behoort aan die volgende verenigings:
- Die
Suid Afrikaanse Homeopatiese Vereniging, waar hy jare lank op die raad
gedien het;
- Die
Osteopatiese Vereniging van Suid Afrika;
- Die
Komplementêre Geneeskundige Vereniging van Suid Afrika;
- Die
Suid Afrikaanse Antroposofiese Vereniging;
- Die Suid
Afrikaanse Naturopatiese Vereniging;
- Die
Bio-Dinamiese Landbou Vereniging van Suid Afrika; en die Grieshaber
Akademie vir Funksionele medisyne, Badenbaden, Duitsland.
Ten
einde te verseker dat hy op hoogte bly met die nuutste ontwikkelings op
sy vakgebied, het dr. Oberholzer oor die jare veelvoudige nagraadse
kursusse, seminare en kongresse bygewoon. Ons noem ’n
klompie: - Lancet
laboratoriums se Flebotomie Seminaar;
- Die
Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie se opleiding oor die behandeling
en regulering van diabetes;
- Die Suid
Afrikaanse Vereniging vir Leer- en Onderwysprobleme se seminaar oor
Aandagafleibaarheidsindroom;
- Die
Innomed Kliniek se werkswinkel oor Bio-Magnetiese-Veld-Terepatie;
- ’n
Biopunktuurseminaar aangebied deur die Genootskap vir Biologiese
Geneeskunde van Suid Afrika;
- Talle
seminare en konferensies oor Antroposofiese Medisyne, sowel nasionaal
as internasionaal.
Dr.
Oberholzer is ’n toegewyde Rotariër. Hy het in 1974
op 29-jarige ouderdom by Rotary Internasionaal aangesluit en het in
1984 gedien as president van die Vryburgse Rotary-klub. Sy
mede-Rotariërs het hom met die gesogte Paul-Harris-toekenning
vereer vir sy onbaatsugtige en toegewyde diens aan die gemeenskap en sy
bevordering van Rotary Internasionaal se doelwitte. Hy het in 1999 by
die Rotary-klub van Klerksdorp aangesluit en is veral bedrywig met
gemeenskaps- en jeugprojekte. Dr.
Oberholzer is ’n ywerige tuinier en kweek die meeste van sy
huishoudelike groente organies. Hy is baie lief vir die natuur en die
wildlewe. Hy stap graag en is ’n gretige voëlkyker
en hengelaar. Hy
versamel oudhede, seëls en munte, en is groot bewonderaar van
die Spaanse argitek Antonio Gaudi. Hy het
die wêreld se grootste filosowe bestudeer en besit oor
’n uitgebreide biblioteek. Sy kosbaarste skatte is werke deur
Rudolf Steiner, Wolfgang von Goethe, Victor Hugo, Ayn Rand en Generaal
Jan Smuts.Dr. Oberholzer het ’n groot voorliefde vir
Barokmusiek, veral die werk van die fynbesnaarde komponis Vivaldi.
Hy was
38 jaar lank gelukkig getroud met Rietjie, wat in 2007 tragies dood is.
Hulle het twee seuns en ’n dogter. |