Terme
en Voorwaardes Lesers
se verantwoordelikheid Dit is
moontlik dat sommige lesers nie saam stem met die sieninge op hierdie
webtuiste nie. Daar word aangeneem dat hulle volwasse genoeg is om nie
verder te lees indien die inhoud hul ontstel nie. Dit is die leser se
keuse en verantwoordelikheid om aanbevelings te neem of te verwerp. Die
uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir ander mense se aksies in
hierdie verband nie en dui aan dat dit altyd noodsaaklik is
om professionele eksperte, soos dieetkundiges, aptekers, susters,
dokters, terapeute en ander lede van die professionele span te
raadpleeg. Die voorstellings word nie voorgeskryf nie, maar word liefs
as inligting en informasie vir navorsing voorgestel.
Vrywaring:
Uitgeryk sonder benadeling van enige regte. Mediese, wetlike,
wetenskaplike en ander feite in hierdie webtuiste is uitsluitlik vir
inligting doeleindes en is nie as plaasvervangers vir enige konsultasie
en/of behandeling van u eie professionele praktisyns nie. Daar is altyd
’n risiko vervat in enige behandeling en derhalwe aanvaar die
publiseerder geen verantwoordelikheid vir enige moontlike negatiewe
reaksie, of nagevolge wat mag voortspruit uit die gebruik maak van
prosedures of tegnieke vervat, bespreek, of wat na verwys word in
hierdie skrywe nie. Die
informasie op hierdie webtuiste word konstant opgedateer en is
onderworpe aan verskillende interpretasies. Dit is die leser se
verantwoordelikheid om enige inligting te verifieer voor die toepassing
daarvan. Die
oorspronklike dokumente van alle getuigskrifte is op lêer en
is beskikbaar vir verifikasie by ons kantoor. Vry vertaling is gedoen
met die toestemming van die skrywers. Die
grafieke en illustrasies vervat in hierdie webtuiste is alleenlik vir
illustrasie doeleindes en impliseer geen spesifieke detail nie. Dit bly
die eiendom van hul onderskeie eienaars.
|